SWEEFVLIEG – VLIEG SOOS N AREND
“If flying were the language of man, soaring would be its poetry” So word sweefvlieg met die grasieuse lang wit vlerke vergelyk deur die wat al die voorreg gehad het om die vorm van vlieg te ervaar en hulle sal vir jou sȇ dat die aanhaling nie beter gestel kan word nie. Die stilte en kalmte in hierdie vorm van vlug slaan jou asem weg met net jy met die stille wind geruis oor die vlerke en die natuur. En moet nie verbaas wees as die spesialiste van sweefvlieg soos witkruis arende, aasvoëls, berghane, visarende, ryers en ander voëls, of selfs n mielieblaar of twee langs jou sweeftuig se vlerk intrek terwyl jy in die lugstrome sweef nie.
Sweefvlieg is ‘n ontspannings aktiwiteit en kompeterende lug sport waar die vlieënier n vliegtuig vlieg sonder enjin en die natuur se energie gebruik om vir ure aaneen en honderde kilometers te vlieg. Die twee algemeenste maniere om die sweeftuig aanvanklik in die lug te kry is deurmiddel van lier lansering (winch launch) en deur die sweeftuig met n ander kragvliegtuig in die lug te sleep (aero tow). Nadat die sweeftuig tot ongeveer ‘n 1500 tot 2000 voet bo die grond in die lug opgetrek is, ontkoppel die sweeftuig van die kragvliegtuig of lier en gebruik die vlieënier opwaartse lugstrome in die atmosfeer om in die lug te bly. Hierdie opwaartse lugstrome kom voor in die vorm van draaiende warm lug (thermals) asook wind wat teen n groot voorwerp soos n berg vas waai en boontoe reflekteur (ridge lift). Soms waai winde hoër op in die atmosfeer teen hierdie opwaartse strome vas en veroorsaak n golf wat lug nog hoër laat gaan (wave lift). Deur hierdie opwaartse lugstrome te gebruik kan sweeftuie honderde kilometers en selfs oor n duisend kilometer ver vlieg en ure aaneen in die lug bly. Hoogtes van 14 000 voet in die hoëveld en 20 000 voet in die karoo wat bereik word is algemeen en tot 30 000 voet oor die dragensberge word bereik met vlugte van meer as 8 ure lank.
Sweeftuie met hul lang grasieuse wit vlerke kom ook voor in verskeie vorme en style. Die ouer weergawes waarvan die vlerke met komplekse hout konstruksie en die romp van staal pypwerk gebou en met spesiale materiaal oorgetrek word is nog vollop en is nog van die baie betroubare opleidings sweeftuie. Meer moderne sweeftuie word van carbon fibre en kevlar materiale gebou, soos die van die Jonker broers van Potchefstroom wat wel bekend is met die plaaslike vervaardigde JS1 sweeftuig. Die sweeftuig word plaaslik vervaardig en uitgevoer en word gesien as een van die beste en hoogs moderne sweeftuie in die wȇreld. Die lang aërodienamiese vlerke en romp gee hierdie sweeftuie n sweef verhouding van 1 : 60 wat beteken dat as die sweeftuig een kilometer in die lug is, dit 60 km ver kan sweef sonder om gebruik te maak van lugstrome. Snelhede van 300km per uur vir hierdie moderne sweeftuie kan gevlieg word, veral tydens kompetiesies. Meeste van die hedendaagse sweeftuie is ook geskik vir sekere akrobatiese toertjies en is dus baie veelsydig.
Sweefvlieg is ook n baie kompeterende sport wȇreldwyd en kompetiesies word gereeld gehou in die provinsies asook oorsee. Daar is verskillende afdelings waarin deelgeneem kan word soos onder andere die vinnigste tyd oor n reguit afstand van 500km, vinnigste tyd oor n afstand in n driehoek van bv 300km of selfs ook in die vorm van n Grand Prix om net n paar te noem.
Middelburg Sweefklub het sy ontstaan gehad in 1986 toe Neels Joubert en n vriend ‘n twee sitplek sweeftuig en n lier aangekoop het. Opleiding is kort daarna begin en die klub vier dus hierdie jaar hul 30ste bestaansjaar. Middelburg Sweefklub word onderskryf deur SSSA (Soaring Society of South Africa) wat geaffilieer is by Aero Club of South Africa wat alle sport-vlieg verteenwoordig by Burger Lugvaart. Hier word nie net gekonsentreer op vlieg nie maar die samesyn van mede klublede wat hegte vriende word en hul passie vir die sport deel en graag tyd saam deurbring rondom n braaivleis vuur. Sweefvlieg is n span en klub sport waar daar gedeel word in die werksaamhede om mede klublede en studente te ondersteun in hul passie vir die soort vlieg. Die klub beskik tans oor n dubbel sitplek Schleicher Ka7 sweeftuig waarmee ook opleiding gegee word asook n enkel sitplek Schleicher Ka6 sweeftuig vir studente wat reeds solo gegaan het. Daar is ook verskeie privaat sweeftuie wat behoort aan lede van die klub. Loskop dam en omliggende areas noord van die vliegveld en areas verder noord, oos en suid van die vliegveld word gereeld oor gevlieg met die asemrowende natuur onder jou. Middelburg Sweefklub besoek ook ander areas en klubs soos Harrismith Sweefklub met uitsonderlike bergagtige tonele naby die dragensberge waar daar ook uitstekende weerstoestande heers vir lang vlugte. Hier kan al die vorme van die lugstrome gebruik word omdat die oop en plat areas wes en noord van die veld geskik is vir draaiende opwaartse lugstrome, asook lugstrome teen die bekende Platberg langs die N3 oppad Natal toe, wanneer die wind vanaf die weste waai asook hoër lugstrome wanneer die wind sterk waai. Daar is ook verskeie ander kampe wat deur die jaar bygewoon kan word, veral in die karoo waar tot 1350km vlugte gedoen word en waar oor die 1000km vlugte daagliks gevlieg word in die somer maande.
Omrede SSSA nie ‘n winsgewende organisasie is nie, word opleiding gratis verskaf en slegs die koste vir die lier lansering (R95 per lansering) en die huur van die sweeftuig (R3.50 per minuut) is betaalbaar. Lidmaatskap van Middelburg Aero Klub en SSSA word jaarliks hernu. Dit maak sweef van die goedkoopste vorme van vlieg.
Studente kan so jonk as 14 jaar oud met fisiese vlieg lesse begin en op n ouderdom van so jonk as 16 jaar oud hul lisensie verwerf. Om te leer sweef is uiters maklik en met jou eerste paar lesse sal die instrukteur jou die basiese van vlieg leer. Afhangende van die individu se vermoë en betrokkenheid, word onder andere slegs 40 vlugte wat om en by 20 ure se vlug is waarvan 6 ure solo vlugte is vereis vir die lisensie. Die gemiddelde student behoort met tussen 30 en 50 vlugte reeds solo te gaan. Vorige vlieg ondervinding en selfs model vlieg en rekenaar vlieg simelasie sal bydra tot die bespoediging van die opleiding. Omrede die tipe vlieg opleiding die basiese beginsels van vlieg, noukeurige beplanning en besluitneming wat uiters noodsaaklik is in hoë klas opleiding onderskraag, maak dit die tipe vlieg opleiding een van die beste en goedkoopste maniere om n beroep in lugvaart mee te begin. Een goeie voorbeeld is die van die Amerikaanse Vlug 1549 wat in die Hudson rivier moes land nadat al die motore van die passasiers straler onklaar geraak het. Kaptein Chesley Burnett Sullenberger wat ook n sweefvlieënier is, het hierdie groot passasiers straler dus soos n groot sweeftuig veilig in die Hudson rivier geland soos hy opgelei is tydens sy sweef opleiding. Die tipe sweef opleiding was ook gebruik tydens die tweede wȇreld oorlog deur van die beste lugmagte soos onder andere Duitsland, Engeland en Amerika voordat die vlieëniers direk na Spitfires, Messerschmitts en ander bomwerpers oorgeplaas is . Hierdie opleiding word steeds vandag nog deur lugmagte regoor die wȇreld gebruik as primȇre vlieg opleiding. SSSA is juis ook besig om met die SA Lugmag te onderhandel om ook in hierdie rigting te beweeg vir die bogenoemde redes.
Middelburg Sweefklub wil graag belangstellendes uitnooi om hul te kontak en te besoek om jou bekend te stel aan n wȇreld waarvan jy nie bewus was nie en om nadere kennis te maak met die wonderlikke manier van vlieg – OM TE VLIEG SOOS N AREND. Die volgende persone kan gekontak word vir meer inligting:
Neels Joubert – 079 874 2251
Stoffel Horn – 082 4511 225.